Andre Hartman se nuutste opname van “Bye bye Liefling” geskryf deur Frans Maritz gaan oor die begin van die einde. Die man kan voel dat sy wederhelf hom stadig maar seker begin wegstoot en vermy. Hy maak vrede daarmee (nie dat hy ‘n keuse het nie) en berus hom daarby dat hy eendag sal herstel van die hartseer en twyfel wat verwerping meebring. Hy steek egter sy smart weg en, soos baie van sy pyngenote, vind hy troos in die bottel. Sy verhaal eindig waar hy glas in die hand, eensaam op die voorstoep van ‘n ouetehuis en net ‘n skaduwee van sy vorige ou self, sy herinneringe herleef en wegkwyn in verlatenheid..Die produksie is uitstekend en André gaan dit nog ver bring in die musiekwêreld. Video is deur AirplayExpress vervaardig vir Wlldhorse Entertainment – WHISNews21